Posted on

Gedenkdiens vir Hugo van den Berg gereël


Woorde: Frank Botha

Familie en vriende van Hugo van der Berg gaan volgende week bymekaar kom om sy lewe te vier.

Van den Berg is dood ná die kragmeting verlede week tussen Suid-Afrika en Skotland op Loftus Versveld in Pretoria. Hy het in ‘n diep uitgrawing geval op Lynnwoodweg, sy kop gestap en aan sy beserings beswyk.

Volgens beskikbare inligting, is hy op die toneel dood verklaar.

Van den Berg se gedenkdiens vind plaas op 22 Julie by Kruik Gemeente in Secunda. Sy geliefdes beskryf Van den Berg as gaaf, beskeie en iemand wat altyd bereid was om ander te help.

Sy skoonsuster, Yolanda, sê Van den Berg sal onthou word vir sy vrygewigheid, deernis en saggeaardheid.

Intussen het Yolanda en Hugo se broer, Chris van den Berg, aangekondig dat hulle vir seker regstappe gaan doen. Die egpaar het met Willie Spies, prokureur en die VF Plus se burgermeesterskandidaat vir die Tshwane-metro, vergader. Spies het aan die media gesê dat hy aangebied het om Van den Berg se familie gratis met regshulp by te staan.