
Woorde: Frank Botha
Dricus du Plessis klim hierdie naweek terug in die agthoek wanneer hy teen Kamara Usman te staan kom in die hoofgeveg van die UFC Fight Night-geleentheid in Oklahoma City in Amerika. Hierdie sal Du Plessis se eerste geveg wees sedert hy verlede jaar sy middelgewigtitel aan Khamzat Chimaev afgestaan het.
“Ek was natuurlik platgeslaan (ná die Chimaev-nederlaag) – dit was aagklig om my gordel prys te gee. In die geheel is ek nie ‘n goeie verloorder nie,” het die Suid-Afrikaner in ‘n onderhoud met die UFC gesê. “Die geveg met Khamzat is nou in die verlede en ek is baie opgewonde om terug te wees. Dit is al waarop ek nou konsentreer.”
Du Plessis en Usman se hoofgeveg word Sondagoggend omstreeks 04:30 op SuperSport uitgesaai.
























