
Woorde: Frank Botha
Te midde van groot onsekerheid oor wat gedurende die volgende paar dae in Suid-Afrika gaan ontvou, is regeringsmagte, private sekuriteitsmaatskappye en gewone landsburgers op ‘n gereedheidsgrondslag. Hoewel organisasies soos March and March volhou dat Dinsdag se beplande optrede vreedsaam gaan wees, heers daar kommer oor moontlike ontwrigting, geweld en xenofobiese aanvalle op 30 Junie.
Hier is vyf dinge wat jy moet weet:
• Polisie, private sekuriteitsmaatskappye is op ‘n hoë gereedheidsvlak
• Betogings, ja, maar géén nasionale stilstand
• Spanning ly tot teenreaksie (veral op sosiale media)
• Burgerlike organisasies waarsku teen xenofobie
• Betogings is reg, maar ook ‘n verantwoordelikheid – Pres. Cyril Ramaphosa
Waak teen disinformasie. Veral op sosiale media.
























