
Deur Frank Botha
Die VF Plus het gelukwense oorgedra aan Geordin Hill-Lewis met sy verkiesing as federale leier van die DA.
Dr. Corné Mulder, leier van die VF Plus, sê dié party bly verbind tot samewerking met ander politieke partye wat na oplossings streef om van Suid-Afrika ‘n beter land te maak. Dié samewerking is daarop gemik om die uitgediende en mislukte ideologiesgedrewe beleidsrigtings van die korrpute en rassitiese ANC, MKP en EFF daadwerklik teen te staan en ontvanklik te wees vir koalisies wat hierdie groeperinge beperk en nie bevorder nie.
“Die VF Plus hoop die DA sal onder die leierskap van Hill-Lewis hieronder getel kan word. Dit is belangrik om daarop te let dat die DA hom tydens sy 2026-kongres geposisioneer het as ‘n party in die middel van die politieke spektrum in Suid-Afrika – ‘n sogenaamde spektrum-party.” Mulder sê dit moet nie verwar word met die DA se werklike posisie links van die spektrum as ‘n liberale party gefokus op individuele regte nie. “Die gevaar van ‘n sentrum-posisionering is dat só ‘n party nog vis nog vlees is en probeer om alles vir almal te wees, maar dan eindig as niks vir niemand.”
“Ons wens Hill-Lewis sukses toe in sy nuwe rol,” sé Mulder.
























