
Woorde: Frank Botha
Carel Schoeman het verlief geraak op die 13-jarige meisie en haar, volgens die staat, by haar ma probeer koop.
Schoeman, ‘n prokureur van Heidelberg, kon nie met die wete saamleef dat sy as prostituut met ander mans seks gehad het nie, en daarom het hy haar ma in Januarie 2023 gekontak en gevra: “Wat sal dit kos vir jou dogter om op te hou sekswerk doen?” “Ek het vir haar gesê haar dogter het in my hart ingekruip, maar die werk wat sy doen, sal die einde van my beteken,” het Schoeman Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg getuig.
Hy staan saam met die 13-jarige meisie se ma tereg op altesaam 70 aanklagte, insluitend verkragting, die seksuele uitbuiting van kinders, mensehandel en ontvoering. Die ma, wat ter beskerming vir haar kinders anoniem bly, word onder meer daarvan beskuldig dat sy haar 12- en 13-jarige dogters vir sekswerk uitverhuur het.
Die verhoor duur Woensdag voort.
























